Jesaja 41 : 6 Hulle help mekaar enpraat mekaar moed in
Die manier
waarop jy dink en doen, bepaal die manier waarop ander mense teenoor jou gaan
optree.
Kyk maar om
jou na die groot vriendekring van mense wat werklik omgee vir ander.
Hier-teenoor
het introverte wat nie bereid is om na ander uit te reik nie maar min vriende.
Die Bybel
gee duidelik opdrag dat ons bereid moet wees om mekaar te help en by te staan
in noodsituasies.
Dat ons tyd
opsy sal sit om werklik betrokke te raak by die probleme van die mense om ons.
Bedagsame
mense is ongelukkig dun gesaai, maar elkeen van ons kan leer om mense in
krisissituasies raak te sien, werklik vir hulle om te gee en na hulle uit te
reik.
As jy
werklik empatie met ander mense het, moet jy hierdie omgee in jou dade bewys.
Deur om te
gee en hulp te verleen bewys jy jou eie dankbaarheid vir die dinge wat God aan
jou gee.
Maak dus
tyd om die nood van mense om jou raak te sien en iets daadwerkliks daaromtrent
te doen.
Doen soms
vriendelike dinge sommer maar net om die lewe vir ander lekkerder te maak.
Deur
positief te dink en op te tree kan jy ‘n groot verskil maak in die wêreld
waarin jy woon.
As mense op
‘n oggend die hart van ‘n medemens voel, kom hulle tot die lewe.
Êrens binne
jou sit daar ‘n engel en wag met ‘n boodskap van goedheid en liefde vir mense
op aarde.
Laat hom in
jou dade aan die woord kom.
Liefde maak
nie net vindingryk in die bewus word van nood.
Dit laat
ons die elende van ons medemens raak sien.
Voordat die
liefde ons hande in beweging bring, maak dit ons oë oop.
Diè mense
wat werklik ‘n naaste is vir ander, is bereid om hulle posisie, prestige, selfs
hulle lewe te waag ter wille van ander.
In die
donker valeie, langs die gevaarlike steiltes van die lewenspad sal hulle ‘n
weerlose en reddelose broer raaksien en hom ophelp.
Maak tyd
vir ander.
Ontvang via epos
No comments:
Post a Comment