Miga 7 : 8 Moet jou nie
oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer
opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.
Wanneer jy iewers in die lewe wil kom, is daar gewoonlik ‘n skare wat
jou gaan kritiseer. As jy wil uitblink
in jou werk, ‘n nuwe besigheid wil begin, verder studeer, ‘n leierskap posisie
inneem, gaan daar teenstand van iewers af kom.
Hoe meer suksesvol jy is, hoe meer gaan ander jou aandag probeer aflei
met dit wat hul doen of sê. Hoe hoër jy
op die leer van sukses klim, hoe meer raak jou ‘vyande’. Ook wanneer jy op ‘n nuwe vlak beginleef en
na dit streef wat God in jou hart gelê het, sal jaloerse, kleinsielige,
kritikusse na vore tree en allerhande bewerings en opmerkings maak om jou te
probeer ontspoor.
As jy vandag hierdie druk ervaar, weet verseker dat dit is omdat jy
besig is om ‘n verskil te maak. Moenie
toelaat dat hulle jou van koers dwing nie.
Dis nou die tyd om standpunt in te neem:
“Ek sal nie toelaat dat julle my van sukses beroof nie!” Beweeg dan aan in geloof, want God het goeie
planne vir jou en jy kan nie toelaat dat ander jou beroof van dit waarvoor Hy
jou bestem het nie.
No comments:
Post a Comment