Een van die verklarings van die teks hierbo is dat “liefde konstruktief
is”. D.w.s. jy moet kyk wat jy vir ander
kan doen. Gewoonlik is ons eerste
gedagte wat ons kan doen om ons eie lewe te verbeter, maar ons behoort eintlik
te dink wat ons kan doen om iemand anders se lewe aan te raak. Wat ‘n verskil sal dit nie in die wêreld maak
as almal op diegene rondom hul begin fokus eerder as op hulself nie! I.p.v. wraakgedagtes, dink eerder: “Wat kan ek vandag doen om die persoon op te
hef?” “Wie kan ek vandag bemoedig?” Jy beskik oor die vermoë om iemand se dag te
maak of te breek. I.p.v. om te kla oor
die kassiere, kies om haar met raad te bedien om nie weer dieselfde fout te
maak nie. I.p.v. om te kla oor die
kelnerin, komplimenteer eerder dit wat hy/sy reg doen.
Iemand na aan jou het nodig om te hoor dat jy in hom/haar glo. Iemand na
aan jou het nodig om deur jou bemoedig te word.
Ek glo dat God ons verantwoordelik gaan hou vir diegene wat Hy oor ons
pad bring. Hy reken op ons om Sy hande
en voete te wees. Vra jouself af of jy
‘n positiewe invloed het op diegene rondom jou? Vra God om jou kreatiewe denke
te stimuleer om die beste in ander na vore te bring. Soos wat jy saai in ander se lewens, sal God
jou met meer vertrou. Hy sal ook mense
oor jou pad bring wat jou gaan opbou en bemoedig sodat jy kan volhou om ‘n seën
vir ander te wees.
No comments:
Post a Comment