Gedurende die 1990’s was Jose Lima die ster van die
Housten Astros. In een seisoen was hy
verantwoordelik vir 20 agtereenvolgende oorwinnings. Hy was beskou as die beste bouler in sy span. Toe die Astros van die Astrodome trek na ‘n
nuwe veld, was die heining aan die een kant veel nader as by die
Astrodome. Dit het blykbaar die kolwers
bevoordeel bo die boulers.
Toe Jose die
eerste keer op die veld kom, het hy na die heinings gekyk en gesê: “Ek sal nooit hier suksesvol wees nie, want
die heining is te naby.” En wat gebeur? Hy gaan van ster-speler met 20 oorwinnings
tot verloorder van 16 wedstryde na mekaar.
Dit was een van die grootste negatiewe ommeswaaie in die geskiedenis van
die Astro’s. Jose het sy eie toekoms
geprofesseer.
Ons is nie veel beter as Jose nie, want ons professeer
ook negatiewe gedagtes oor ons eie lewens.
Wees ingestel op jou denke. Dink
voor jy praat. As ‘n negatiewe gedagte
jou te binne skiet, dink hoe jy dit kan omdraai in ‘n positiewe denke. Moenie jou woorde gebruik om jou situasie te
beskryf nie, gebruik jou woorde om jou situasie teverander. Spreek gedagtes van hoop, voorspoed,
sukses, lewe en seën.
No comments:
Post a Comment