Soveel mense hardloop weg van alles wat
swaar is. Hulle hardloop van hul probleme…
verantwoordelikhede… hul verlede… van enige iets wat hul ongemaklik maak… vermy
sekere mense om verskeie redes… In plaas
daarvan om hierdie dinge te ‘face’, neem hul die maklike uitweg – hul hardloop
weg.
Die Woord verwag die teenoorgestelde van
ons. Ons moet God sodanig vertrou dat
ons te midde van ‘n geveg rondom ons, eenvoudig op die kantlyn gaan sit en
kyk hoe God die situasie namens ons hanteer.
Stel jou voor… daar is ‘n geveg, koeëls
vlieg heen en weer, rondom jou val die gesneuweldes. Jy aanskou alles, maar knip nie ‘n oog nie,
hardloop nie weg nie, jy staan vreesloos en toekyk…sjoe! Dit verg amper meer moed as om terug te veg,
maar hier is die verskil… Hy het elkeen van ons toegerus met bonatuurlike krag
om elke struikelblok te oorkom – in geloof.
Moenie
vrees nie. Wees uitdagend en oorwin jou
vrese omdat jy ‘n kind van die Lewende God is wat in elke aspek van jou lewe
teenwoordig is – ook in daardie hoekie van vrees.
No comments:
Post a Comment