Matteus 5 : 17 & 18 “Ek verseker julle, al sou die hemel en
aarde ophou bestaan, sal die wet definitief tot in sy fynste detail geldig
bly.”
Televisienuus en koerante trakteer ons
daagliks met nuuswaardighede wat jou laat wonder of die tien gebooie nie dalk
oudmodies is nie. Dalk het die wêreld
tog verander sodat daardie reels nie gevolg hoef te word nie.
Jy mag nie ander gode buiten My aanbid
nie. Elkeen se mening sal hieroor
verskil, maar feit is, daar word van vele bekendes afgode gemaak.
Jy mag die naam van die Here jou God nie
misbruik nie. Hoeveel keer hoor jy
‘Oh,my god’?
Eer jou vader en jou moeder… regtig? Terwyl
soveel bejaardes verwaarloos word?
Jy mag nie moord pleeg nie…ons is al byna
immuun hierteen.
Jy mag nie egbreek pleek nie… maar dis so
opwindend, veral as jy nie uitgevang word nie…
Jy mag nie steel nie… wie van ons is nog nie
besteel nie?
Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie…
ook hier staan ons skuldig, want ons wil soos ander wees, koop wat hul koop of
nog erger, hê wat hul het.
Of ons dit nou wil weet of nie, die wet geld
steeds en elkeen van ons sal onsself doelbewus daarop moet instel om dit te
gehoorsaam, al wil dit voorkom asof dit uit pas met vandag se lewe is.
No comments:
Post a Comment