Matteus 10 : 18 Dit sal vir julle ‘n
geleentheid wees om voor hulle en die volke van My te getuig.
Die teksgedeelte het my ook laat dink aan
Pierre Korkie. Hy word in Jemen as
gyselaar aangehou deur nie-Christene en hulle eis ‘n losprys van meer as R30
miljoen.
D.m.v. die media weet ons dat die
onderhandelinge nie maklik is nie. Ek het
groot waardering vir die mense van “Gift of the Givers”. Deur hul toedoen is Yolande vrygelaat en hul
ondersteun haar en die kinders terwyl hul voortgaan om onbaatsugtig, onder
uiters moeilike omstandighede, vir Pierre se vrylating te veg. Hierdie mense is ‘n toonbeeld van iemand wat
oor alle grense heen vir ander omgee.
Hul herstel ons vertroue in die mensdom.
Angus Buchan het voor ‘n groot skare vir ‘n
wonderwerk gebid en ek glo dat God ‘n wonderwerk sal bewerkstellig, maar dis
ook ‘n geleentheid vir Pierre om oor God te getuig daar waar hy nou is. Dis ‘n geleentheid om Sy naam te
verheerlik. Nog ‘n gyselaar van Iran,
wat saam met Pierre aangehou is, is reeds tereggestel, maar Pierre is steeds
veilig en Al-Kaida luister nog na rede.
Laat ons nie vir een oomblik ons
omstandighede bevraagteken wanneer dit tot eer van God kan strek nie.
Hemelse Vader, ons dra Pierre Korkie en sy
gesin aan U op en bid vir sy veilige terugkeer, want ons weet U gee om. (Matt 9 : 36 Hy het ontroerd geraak oor
hulle seerkry en weerloosheid.)
No comments:
Post a Comment