“Julle het gehoor dat daar gesê is: “’n Oog
vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand, maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie
teen ‘n slegte mens verset nie.”
Jare gelede het ons kwotasies gekry vir
verbouings en verbrekings aan ‘n huis wat ons toe pas gekoop het. As gesin het ons na die kwotasies gekyk en saam
op een besluit. Vandag kan ek net sê ons
mensekennis het ons erg in die steek gelaat.
Die bouer het nooit planne ingedien of laat
goedkeur nie. Hy’t mure uitgeslaan en
drade oop laat hang en daarvandaan was dit net beloftes. Van die bakstene wat hy gebruik het was gebruikte
stene. Die uiteinde van die saak was dat
die bouer met die geld (geleende geld) vort is en dat ons met skuld en ‘n groot
gemors gesit het. As gesin het ons
saamgestaan en maniere gevind om ‘n ekstra inkomste te genereer om die bouwerk
te voltooi en die lening terug te betaal en dit het ons saamgesnoer.
Die man is aangekla, maar het nie eens
uitskryfwerk gekry nie. Tog het ons het
besluit om die saak daar te laat. Oor
die jare het ons gereeld gelees hoe hy nog mense ingeloop het, want hy’t
gereeld in plaaslike koerante adverteer en lesers het by die koerante oor hom
gekla terwyl hy skynbaar gewetenloos voortgegaan het.
Onlangs lees ons sy doodsberig. Niemand sal weet wat met hom gebeur het na sy
afsterwe nie, maar ek is seker God sou nie vir sy leuens en verduidelikings val
nie. Vir ons was dit egter nodig om die ander wang te draai en hom te vergewe.
No comments:
Post a Comment