Galasiërs 1 : 8 “Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref! Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur 'n mens uitgedink nie.”
Sê nou maar ons is verkeerd en die moslems,
budhiste, hindoes, 'scientology', watter geloof ook al, is reg… Hoe weet ons dat ons geloof die ware geloof
is? Daar is diegene wat jou selfs sal
oortuig dat die Koran en die Bybel baie ooreenkomste het.
Wie sê die Bybel is waar? Hulle ontdek dan nou nog stukke van die
Bybel. En buitendien, niemand weet regtig wanneer Jesus gebore is nie, ons vier
Kersfees, maar dis nie eens sy geboortedatum nie.
Die ergste is hulle wat die skepping bevraagteken en evolusie aanhang.
Moet nie vir een oomblik toelaat dat sulke uitsprake
en redenasies (vals evangelies) jou mismoedig stem nie. Ek
weet party van hulle is baie oortuigend en kan jou laat twyfel, maar dis juis wat
die duiwel beoog.
Glo soos ‘n kind. Hou vas aan Galasiërs 1. Daar is net een Evangelie
en dit is die Evangelie van die Drie-Enige God.
Jesus Christus is gebore uit ‘n maagd. Hy het die aarde bewandel en vele
wonderwerke gedoen. Hy is gekruisig en
het opgestaan uit die graf en uiteindelik opgevaar na die hemel. Dit alles sodat ek en jy verlos en vry kan
wees en eendag Sy wederkoms kan ervaar.
No comments:
Post a Comment