In die skrif het baie helde onder
begin. Josef is een van hulle. Hy is in ‘n put gegooi en as slaaf verkoop,
maar selfs as ‘n slaaf het hy nie op sy louere gerus nie. Hy het gesorg dat hy besig bly, nuwe
vaardighede leer, relevant bly, tot so ’n mate, dat hy as hoof van die paleis
aangestel is. Toe hy in die tronk gegooi
word, het hy gou die hoof van die tronk geword.
Josef het nooit sy omstandighede as
verskoning gebruik nie. Inteendeel, hy
het elke geleentheid en elke oomblik benut.
Toe Farao uiteindelik iemand nodig gehad het om die voedingsprogram
tydens die hongersnood te lei, was Josef gereed vir die taak. Farao kon enige iemand gekies het, maar hy
het Josef gekies. Hoekom? Omdat Josef gereed was. Josef se houding het gemaak dat hy kop en
skouers bo die res uitgestaan het.
Waar jy jou vandag bevind is die werksomstandighede
dalk nie volmaak nie, maar sorg dat jy uitstaan bo die res. Dit maak nie saak of jou posisie minder
belangrik is nie…of of die baas op jou pik nie… ook nie hoe skamel jou salaris is
nie… Dit hang af van hoe jy dit
aanpak. Steek jou hand op as hulle
iemand nodig het… doen meer as wat daar van jou verwag word… leer soveel as
moontlik. Binnekort gaan die seisoen vir
jou draai en dan wil jy oor al die nodige vaardighede beskik.
No comments:
Post a Comment