Markus 5 : 36 “Moet jou nie ontstel nie;
vertrou net.”
Jesus het pas aan land gegaan toe Jairus hom
nader en versoek om sy hande op sy sterwende dogtertjie te kom lê sodat sy
genees sou word. Op pad daarheen het ‘n skare hom gevolg en ‘n vrou wat aan
bloedvloeiing ly, het geglo dat sy net deur die skare moet kom totdat sy aan
Sy kleed kon raak. Direk na die aanraking
is Sy inderdaad genees en Jesus het haar geloof vir haar sterk geloof.
Ongelukkig het die oponthoud Jesus vertraag
en oppassers kom toe van die huis om te vertel dat Jesus nie meer hoef te kom
nie, want die dogtertjie het reeds gesterf.
Die verskil tussen Jesus en ‘n mens soos
Jairus, is dat hul die boodskapper se woorde geglo het en dit wat hulle gesien
het. Om die waarheid te sê by die huis
het almal gehuil en getreur. Jesus
ignoreer egter die boodskapper se woorde en sê vir Jairus: “Moet
jou nie ontstel nie; vertrou net.”
Jesus het die skare agtergelaat en in die
huis het hy op die ou end net die pa, ma en drie dissipels ingeneem waar hy
haar aan die hand gevat en gesê het: ”Dogtertjie,
staan op.” Interessant genoeg het
Jesus hul beveel om dit stil te hou.
Wat jou vandag ook al ontstel, vertrou
net. Wat jy ook al vir hoe lank voor bid, vertrou net. God gaan ook in jou lewe ‘n
wonderwerk bewerkstellig. Jairus was
hooploos, maar Jesus het lewe in sy dogtertjie gespreek. NIKS is vir Hom onmoontlik nie.
No comments:
Post a Comment