1
Samuel 18 : 4 Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir
Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel
Volgens die Bybel was Jonatan die volgende
aanspraakmaker op die troon, maar Dawid was God se keuse. Alhoewel Jonatan se pa nie van Dawid gehou
het nie, het die twee ‘n besonderse vriendskap ontwikkel, een wat so spesiaal
was dat ons vandag nog na mense wat na aan mekaar is verwys as ‘hulle is soos Dawid en Jonatan’. Dawid
en Jonatan het verby mense se persepsies en voorkeure gekyk tot binne mekaar se
harte en daar het hierdie kosbare vriendskap ontstaan.
Om ‘n opregte vriend of vriendin te hê is ‘n wonderlike
seen. In ‘n wêreld waar dit vir vele net
om hulself gaan, verg opregte vrienskap dat jy van jouself gee, dat jy daar is
vir die persoon deur dik en dun. Ware vriendskap hou nie rekord oor wie wat vir
wie gedoen het nie.
No comments:
Post a Comment