Tuesday, 1 April 2014

Gee, gee, gee

Lukas 3 : 11 Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.

Advertensies tempteer ons voortdurend om nog besittings te bekom.  Strooibiljette van klerewinkels trek jou aandag en ewe skielik ontwikkel jy ‘n behoefte. 

Tydens ‘n besoek aan Engeland het dit my opgeval dat mense in Londen nie so materialisties soos ons is nie.  Hulle huur ‘apartments’ en daar is nie eens ‘n motorhuis in sig nie – toegegee hulle het uitstekende publieke vervoer.  Wat my veral opgeval het is hoe hul naweke as gesin op die ‘tube’ reis na die naaste park waar hulle tyd as gesin deurbring. 

Daarteenoor werk ons onsself oor ‘n mik om bates te bekom… altyd besig om nog te koop en op te gradeer.  Juis daarom word ons aangemaan om te spaar, maar omdat ons soveel aan skuld betaal, is daar nooit geld om te spaar en so raak ons besteebare inkomste al minder om die lewe te geniet.\
Geen besittings kan eendag saamgeneem word nie en soos ons weet, is erfgeld swerfgeld, so hoekom begin ons nie eerder om uit te deel nie?  Dis teen ons gryn om vir ander te gee, want ons is so gewoond om vir onsself te sorg, maar daar steek groot waarheid in die gesegde “dis beter om te gee as om te ontvang”.


In Kaapstad het ‘n dame iets pragtig begin.  Mense skenk ‘ou’ klere en een maal per maand kan die haweloses kom ‘inkopies’ doen.  Die klere hang aan kartonhangers en hulle kan dan iets kies wat hul benodig, sonder enige betaling.  Haweloses ken nie die luukse om klere en skoene te kies nie, hulle is gewoond dra wat hul kry, of dit pas is bysaak.  Hier word die mense se menswaardigheid teruggegee deur ‘n ontbaatsugtige, maar baie innoverende idee.  

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...