Hebreërs 2 : 13 Ek sal altyd op Hom vertrou
Jare gelede, tydens die Kongolese rebellie,
het ‘n Britse sendingdokter, Helen Roseveare, na Afrika gekom omdat sy geglo
het dat sy hier ‘n verskil kan maak deur haar naaste te dien. Sy het die gerief van die beskawing, met goed
toegeruste hospitale agtergelaat en in Afrika haar Christenskap en geloof kom
uitleef.
Iemand wat so ‘n toonbeeld van ‘n Christen is
behoort tog ongekende seën en beskerming te geniet, sou jy dink. Ongelukkig het sy ook die rou onbeskaafdheid
van Afrika in al sy felheid ervaar. Sy
is verkrag, aangerand en wreedaardig behandel.
In latere kommentaar het sy gesê, om dit wat
met haar gebeur het te verwerk, sy haarself ‘n vraag moes vra asof die vraag
direk van God afkomstig was: “Kan jy my
loof en prys ten spyte van wat ek oor jou pad gebring het, al verduidelik ek
nooit vir jou hoekom dit gebeur het nie?”
Ons vra so maklik: “Ek weet nie hoekom God my so swaar laat kry
nie? Ek gaan kerk toe, ek gehoorsaam Sy
gebooie, ek gee vir ander… hoekom moet ek dan so ‘suffer’? Ware insig beteken
dat ons besef dat ‘n Christen nie gevrywaar word teen onverklaarbare
onregverdigheid nie, dat ons die goed sowel as minder goed van God moet aanvaar,
want as ek Hom werklik vertrou, sal ek weet dat Hy alles ten goede laat
meewerk.
Môre is Werkersdag. As jy ongelukkig in jou werk is of voel dat jou baas jou onregverdig behandel... vertrou God... daar is 'n baie goeie rede hoekom jy op hierdie plek in jou lewe is.
No comments:
Post a Comment