Thursday, 1 May 2014

Wysheid, eerder as goud



Spreuke 16:16  Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer

‘n Romeinse staatsman, Seneca, het jare gelede gesê:  “Geld het niemand al ooit ryk gemaak nie.”
Daar is baie dinge wat geld nie kan koop nie,om maar net ‘n paar te noem:

Geld kan medisyne koop, maar nie gesondheid nie;
Geld kan ‘n huis koop, maar nie ‘n tuiste nie;
Geld kan geselskap koop, maar nie vriendskap nie;
Geld kan ‘n bed koop, maar nie ‘n goeie nagrus nie;
Geld kan baie geriewe koop, maar nie die Ewige Lewe nie…

Wysheid daarenteen kan jou insig bied en die ware sin van die lewe laat vind.  Besittings bring slegs tydelike geluk, want as die een behoefte bevredig is, sal ‘n ander kort voor lank sy kop uitsteek en ons weet almal dat ons niks kan saamneem wanneer ons die tydelike met die ewige verwissel nie.  Ware rykdom, is ‘n tevredenheid wat van binne kom, wanneer jy besef dat wat jy ookal het, oorgenoeg is vir hierdie lewe.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...