Openbaring 3 : 20 Kyk, Ek staan
by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by
hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
Ek lees van iemand wat die volgende resep
gebruik om sukses in hul lewe te verseker: Select, expect, project and
collect.
Dit beteken jy moet besluit wat jy wil bereik
en dan jouself as’t ware heeltyd daaraan te herinner dat dit is waar jy
binnekort gaan wees. Jy projekteer dan
die sukses deur voortdurend aan jou potensiële sukses te dink en om seker te
maak alles wat jy doen is daarop geprojekteer.
Die finale stap is natuurlik die smaak van sukses wanneer jy dit wat as ‘n
gedagte of droom begin het, bereik.
Beslis ‘n wenresep vir sukses.
Ek het onmiddellik gewonder hoeveel mense so
ingestel is op hul geestelike reis.
Suid-Afrika word gesien as ‘n Christelike land, maar jy sien min mense
wat ‘n doelbewuste keuse gemaak het om volgens Christelike beginsels te leef,
maak nie saak wat ander rondom hul doen nie.
Dis asof die ‘me, myself and I’ virus vinniger as die Ebola virus versprei.
Wanneer jy verwag om hemel toe te gaan, moet jy leef volgens sekere
beginsels en dit projekteer… nie net op jouself nie, maar ook op ander. Dit
gaan nie oor my op aarde nie, maar oor die verskil wat ek in ander se lewens
maak. Slegs dan sal ons eendag die sukses smaak om die goue poorte binne te
gaan.
Hoe kan mense so op aardse sukses ingestel
wees, maar nie mik na ewige sukses nie? Niks wat ons hier op aarde bereik of
versamel, gaan ons toegang of ‘n voorsprong gee tot die hemel nie. Groot verandering begin dikwels by een persoon.
Daardie verandering begin by jou en my.
No comments:
Post a Comment