1 Petrus 3 : 15 In jul
harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan
elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in jul lewe.
Gelowiges ervaar die lewe op
presies dieselfde manier as nie-gelowiges. Die enigste verskil is dat gelowiges
‘n anker het om aan vas te hou.
Dalk het jy al die lied “The
Anchor holds” gehoor. Dit gaan oor
iemand wat deur ‘n storm gaan, maar aan God vashou te midde van dit alles… en
dan die wonder… die ankertoue wat stewig geanker bly.
Wanneer ons deur so ‘n
laagtepunt voortdurend God se beloftes gebruik om ons te herinner waartoe Hy in
staat is, fokus ons op Hom en sodoende is daar nie tyd vir selfbejammering nie.
Vir mense wat ons dan dophou, behoort dit tekenend te wees dat ons oor ‘n
innerlike Krag beskik wat ons van hul onderskei en hopelik na laat smag.
Dit beteken ons hoef nie
noodwendig te getuig nie, maar ons moet net sorg dat ons deur ons gedrag te
midde van ‘n krisis ‘n lewende getuienis is van ons geloof en vertroue op
God. Dis verseker nie maklik nie, want
ons is mense met menslike swakhede, maar ons kan die krag van Hom ontvang om
Hom daardeur te verheerlik. Eerbied of
respek word gewoonlik verdien – God het dit oor en oor verdien.
No comments:
Post a Comment