Spreuke 23 : 12 Gee aandag aan wat ek jou voorskryf, luister
goed na wat ek jou leer.
Om na die Tien Gebooie te
sit en luister, kan jou nogal tot nadenke stem en laat besef ons verwar dikwels
‘kan nie’, met ‘wil nie’.
Ek kan so en so eenvoudig
nie voor my oë verdra nie… Ek kan dit
nie help dat ek so vloek nie… Ek kan nie
sonder hom/haar lewe nie en buitendien my man/vrou verstaan my nie… Ek en my man/vrou het al alles probeer, die
huwelik kan eenvoudig nie werk nie… Ek kan nie onthou dat ek my kollega sien
steel het nie… Ek kan nie gewig verloor nie… Ek kan nie onthou om my Bybel te
lees… by die Kerk uitkom nie… bid nie… Ek kan dit nie help nie, ek begeer om soveel
geld te hê soos hy/sy…
Elke enkele stelling hierbo
kan vervang word met die woorde ‘ek wil nie’.
Al wat nodig is, is ‘n paradigma-skuif.
As kind van God, gaan ek doen wat Hy van my verwag… ek gaan luister na
Sy stem… en ek weet dat Hy my ook die nodige krag sal gee om te verander.
Probeer om die stellings
hierbo om te keer deur die volgende woorde by te werk bv: “Met God se hulp… wil ek my naaste aanvaar
soos hy/sy is…” Dink net wat ‘n verskil
dit in die samelewing kan teweegbring.
No comments:
Post a Comment