Efesiërs 3
: 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te
doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.
As ek baie dinge het om te doen en baie
eise aan my gestel word, onthou ek dat my Heer saam met my werk. As daar
iets onaangenaam of moeilik is wat ek moet doen, onthou ek dat ek vír God
werk. Met hierdie wete benader ek al my daaglikse take met ‘n ligte hart,
‘n opgewekte gemoed en ‘n gewillige hand.
Omdat ek vir God werk, is die werk maklik,
en kan ek dit doen sonder enige inspanning of moeite. Dit maak nie saak
hoe veeleisend die werk is wat ek moet doen nie – ek werk nie alleen nie, dit
weet ek!
My Hemelvader verhelder my gedagtes en
inspireer my met skeppende idees. Sy liefde vloei in my en om my en hef
my op. Sy krag gee aan my die nodige krag waar ek dit ookal mag nodig
hê. Sy orde sorg dat alles, tot in die fynste besonderhede, volgens ‘n
volmaakte plan verloop.
Dit wat ek moet doen, handel ek vinnig en
maklik af, want ek werk saam met God. Hoe gelukkig maak hierdie wete my
net nie!
~met erkenning aan Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment