Spreuke 28 : 1 Die
goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie; die regverdiges het die moed
van ‘n leeu.
Daar is ‘n verskil tussen
‘n hopelose situasie en iemand wat hooploos raak in ‘n situasie. Omdat ons dikwels tonnelvisie ontwikkel
wanneer ons na die situasie kyk, lyk dit hopeloos en dan verloor ons ook sommer
hoop.
Stel jouself voor dat die
situasie voor jou lê, en dat die uitkoms aan die oorkant van ‘n denkbeeldige
brug is. Aan die anderkant van die brug
staan God en Hy moedig jou aan. “Kom, my kind, jy kan dit doen! Ek is net hier.”
Tydens die Tweede
Wêreldoorlog het Churchill tydens ‘n kabinetsvergadering die volgende woorde
geuiter: “ Menere, ek vind die situasie heel bemoedigend.” Dit terwyl Frankryk so pas oorgegee het en
diegene in die parlement hom mismoedig aangekyk het, met gedagtes van oorgawe
eerder as moed op die voorgrond.
Churchill het na die
oorkant van die brug gekyk daarom het hy nooit aan oorgawe gedink nie. Nederlaag was nie deel van sy woordeskat nie.
Jy hoef ook nie mismoedig
te voel oor jou situasie, of hopeloos te voel nie. Uitkoms is nader as wat jy dink. Staan vas in geloof.
No comments:
Post a Comment