Sefanja 3 : 17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:
In Sefanja 1 en 2 is
God glad nie beindruk met die Israeliete nie.
Hulle het weggedryf van Hom en God spreek Sy teleurstelling oor hul
sondigheid aan.
Versoekings kruis ons
pad op ‘n daaglikse basis. Ons het die
beste voornemens, maar dan verdraai ons die waarheid… voor ons ons kom kry,
begeer ons iets wat iemand anders het… ons vloek… ons verloor ons humeur… ons
sukkel om iemand te verdra… ons pleeg egbreuk, al is dit net in ons gedagtes…
Ons is nie veel anders
as die Israeliete nie. Ook ons, as
Suid-Afrikaners, het van God weggedryf.
Naasteliefde bestaan net op papier, verder is dit elkeen vir
homself.
Genadiglk is God se
liefde sodanig dat Sy woede nie vir ewig duur nie. Wanneer daar ware berou is, is Hy gou om Sy
liefde te betoon.
Probeer vandag om so
te lewe dat God vreugde vind in jou – dat Hy stil-tevrede sal wees en jubel en
juig oor jou. Sal dit nie wonderlik wees
as die hele land elke dag daarop fokus om God te verheerlik, eerder as om
self-gesentreerd te wees nie? Sal dit dan nie beter met ons as volk gaan nie? Daardie
ommeswaai begin by jou en my.
No comments:
Post a Comment