Monday, 9 June 2014

Depressie



Matteus 28 : 20 En onthou: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” 

‘n Familielid ly aan depressie.  Sy’t vir my ‘n boek van Dr Fanie Rudolph gegee om te lees waar hy sy eie reis met depressie beskryf.

Iets wat ek nooit geweet het nie, is dat jy juis nie vir ‘n depressielyer met Bybeltekste moet probeer vertroos terwyl hul in daardie put is nie, want hul betwyfel hul eie waarde en die doel van hul bestaan en bevraagteken veral God se liefde.     Depressie is ‘n siekte wat veroorsaak word deur ‘n chemiese wanbalans en buiten medikasie het jy ook ‘n psigiater nodig om jou pad terug na ‘n ‘normale’ lewe te probeer vind.  Dis nie ‘n gelykpad met ‘n duidelike eindbestemming nie.  Party dae is goed, maar die slegte dae, is baie erg en kan soms vir ‘n hele paar dae duur.

Nadat ek hierdie boek gelees het, het ek haar soveel beter verstaan, maar ek het ook meer begrip vir ‘n siekte wat min mense regtig verstaan.  Ons oordeel so maklik, raak dinge kwyt soos:  “Dis tyd om jou reg te ruk…”  of “drink jou happy pille…”

Dr Rudolph eindig sy boek met ‘n brief aan depressielyers en herinner hul daaraan dat God tog daar is, al wil jy dit nie erken nie.  Hy is die Enigste Een wat jou werklik verstaan en dra sonder dat jy dit besef.  

My gebede is met jou as jy aan depressie ly.  Spreek asb 'n dokter en gebruik jou medikasie. Dis ook nodig dat jy met jou familie gesels, want as hulle nie verstaan waardeur jy gaan nie, kan hulle jou nie help nie en moet hul magteloos toekyk en selfs skuldig voel dat hul aandadig aan jou probleem is.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...