Matteus 6
In ons hande sou 2 vissies en 5 broodjies, net dit gebly het. In God se hande het daardie maaltyd vir een
vermenigvuldig in so ‘n mate dat dit ‘n skare van meer as 5000 mense kon voed,
vrouens en kinders uitgesluit. En… daar
was na die tyd nog twaalf mandjies vol oorskiet bymekaargemaak.
Wanneeer ek en jy aan moontlikhede dink, dink ons dikwels net binne ons
beperkte raamwerk, gemeet aan ons ervarings uit die verlede. “Ek is nie ‘n sakeman/vrou nie, so ek sal
seker altyd vir ‘n baas moet werk… Omdat
ek nie skool klaargemaak het nie, sal ek vir altyd hierdie onbelangrike werk
doen… Finansieël is ek so diep in die moeilikheid dat ek nooit weer op my voete
sal kom nie… Ek het nie die nodige fondse om verder te studeer nie… Waar ontmoet ek op my ouderdom weer ‘n
lewensmaat?“
Geloof is die antwoord. As ek glo
dat God deure vir my kan oopmaak, sal Hy.
As ek glo dat God die ontmoontlike kan doen, sal Hy. Ons grense is ons s’n omdat ons onsself nie
toelaat om God Almagtig vir die onmoontlike te vertrou nie.
Net soos enige jy ontwikkel ek ook soms tonnelvisie; ‘vergeet’ ek ook dat God gereed staan om te
help, omdat ek vasklou aan my 2 vissies en 5 broodjies. Glo my, ek weet, dis nie maklik om daardie
‘quantum leap of faith’ te gee nie. Soms
bid ons vir ‘n wonderwerk, maar in ons hart twyfel ons aan die moontlikheid
daarvan.
Maar dan moet ek ook getuig van die kere dat my waagmoedigheid, daardie
kere dat ek oë toegeknyp het en as’t ware ‘gespring’ het omdat ek geglo het dat
Hy my sou vang, beloon is ver bo my verwagtinge. Wanneer ons daardie tree in geloof gee en
onwrikbaar glo dat God ‘n waarmaker van Sy woord is, oortref Hy ons wildste
drome.
Geloof is juis om dit te glo wat jy nie kan sien nie. Geloof is om, onder leiding van die Heilige
Gees daardie eerste tree in geloof te gee.
Sou dit ‘n wonderwerk gewees het as daar 2 ton vis en 5 ton broodjies
was om ‘n skare te voed. Nee, verseker
nie. Weet God hoe bang ons is om kanse
te vat? Natuurlik weet Hy, want Hy ken
selfs ons gedagtes, staan daar in die Woord. Verwag Hy van ons om Hom te vertrou, ten spyte
van… absoluut!
Vandag wil ek jou aanmoedig om jou eerste geloofsprong te gee; God
blindelings te vertrou vir dit wat jy dink onmoontlik is. Neem daardie "Quantum Leap of faith".
No comments:
Post a Comment