Thursday, 3 July 2014

Onverganklike liefde

Psalm 103 : 17 Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte,

Liefde met die eerste oogopslag, wat boonop op ‘n lang en gelukkige huwelik uitloop, is nie almal beskore nie.  Meeste van ons moet heelwat paddas soen voor ons uiteindelik die spreekwoordelike ridder op die wit perd raakloop.  Selfs dan is daar geen waarborg dat ons, soos in die feëverhale, vir ewig gelukkig saam sal leef nie.
In teenstelling met ons siening en ervaring van liefde, is God se liefde onverganklik.  Ons weet maar te goed dat niks regtig vir ewig is nie.  Bitter min van ons kan getuig van iemand wat deur dik en dun by ons gestaan het.  Iewers faal ons in ons menswees.   Ons stel mekaar teleur… steek mekaar in die rug… verraai mekaar…   
Hoe anders sal ons land nie wees as ons liefde teenoor mekaar betoon nie?   Ware naasteliefde beteken dat ons mekaar nie net sal verdra nie, maar dat ons liefde teenoor mekaar sal betoon. 

Probeer van vandag af daarna streef om met God as voorbeeld, opregte, onverganklike liefde teenoor vriende, bure, kinders, ouers, kollegas, enige iemand wat jou pad kruis, te betoon. 

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...