Nehemia 29 : 21 U het hulle 40 jaar in die woestyn
onderhou. In die tyd het hulle niks
kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie!
Hoe oud is jy vandag? Dink nou terug oor die afgelope jare. Sien jy swaarkry, sukkel, mismoedigheid,
terugslae of voorspoed, geluk, vooruitgang…?
Ek neem aan daar is ‘n redelike op en af kurwe oor
die jare, maar dat jy moet erken dat God jou oor al die jare nooit, ooit in die
steek gelaat het nie.
Stel jou ‘n periode van 40 jaar in ‘n woestyn
voor. Jy kan nie uit die woestyn kom en
gou gaan voorrade aankoop of ten minste skoon klere kry nie. Jy swerf net rond, maar God voorsien elke dag
van daardie 40 jaar; tot so ‘n mate dat
hul voete nie eens van die hitte swel nie. Dit mag na ‘n nietigheid klink,
maar dit is belangrik dat God selfs in soveel detail na Sy volk omsien.
Dieselfde God wat Sy volk onderhou en in elke
behoefte van hulle voorsien het, is ook daar vir jou.
As jy werklik eerlik is, sal jy erken dat ten spyte
van jou eie roekelose optrede, of dalk ondeurdagte besluite, God jou altyd op
jou voete laat land het. Jy’t oorleef en
daardeur gekom. Selfs as jy iemand is
wat ‘n maklike lewe het, wil ek jou herinner waar daardie seën vandaan
kom. Ons kan niks as vanselfsprekend
aanvaar nie. Hy voorsien… ook in jou
behoefte.
No comments:
Post a Comment