Job 19 : 17-18
Hul eie planne sal hulle ondergang wees. Hulle sal val in die gat wat
hulle vir ander gegrawe het. Hulle
struikel oor hulle eie strik. ‘n Strop
trek hulle vas.
Iewers is daar maar altyd ‘n vlieg in die
salf... daardie klippie in jou skoen. Daar is altyd iemand wat die lewe
vir jou moeilik maak, wat jou om elke hoek en draai wil bykom of sommer net
irriteer.
Volgens die Woord moet ons dan ook nog die minste
wees en die ander wang draai, so ons mag nie eens die persoon wat ons te na kom
probeer terugkry nie.
‘n Vriendin van my het iemand by die werk wat elke
dag vir haar hel maak. Sy sien op
daarteen om te gaan werk, maar sy het nie ‘n keuse nie, want sy’t die inkomste
nodig en al het sy al hoeveel keer aansoek gedoen vir werk, kry sy nie ander
werk nie. Dit kan nie lekker wees om te
weet jy moet elke dag met so iemand
saamwerk nie.
Juis daarom is Job 19 so ‘n riem onder die hart,
want hier bevestig God dat die persoon wat vir jou ‘n gat grawe self daarin
gaan val… dat die strik wat hy/sy vir jou stel, hulself gaan laat struikel.
Praat met God oor jou problem en vra Hom om
geregtigheid te laat geskied. Hy is ‘n
regverdige God en dit lyk nie asof Hy onderduimsheid en rugstekery ligtelik
opneem nie.
Ook hierdie ‘klein’ probleempie, is nie te gering
om met God te bespreek nie.
No comments:
Post a Comment