Matteus 19 : 26 Jesus het reguit
na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles
moontlik.”
Wanneer
laas was jy braaf genoeg om te sê: “Ek kan!”
Meeste van ons vind redes hoekom ons
nie kan nie. Ons is vinnig met
verskonings en kan aan oorgenoeg redes dink wat ons poging in die wiele sal
ry. Dus beperk ons onsself.
Dis
nou waar die Bybel daadwerklik van die werklikheid van ons sogenaamde
onmoontlikhede verskil. Volgens
Die Skrif is ALLES moontlik by God. Dus,
ons moet net glo en Hom vertrou en… wa-la! Dis reg, jou probleme kan oorkom word, jou drome
kan vervul word, jy kan nuwe hoogtes bereik…
Jy mag dalk nie weet hoe dit gaan gebeur nie, jy’t dalk nie eens ‘n plan
hê nie, wat nog te sê ‘n sakeplan of die finansiële vermoë, jy mag dalk twyfel dat dit moontlik is, maar
dit is binne jou bereik. jy kan!
Van
hierdie oomblik af, begin glo dat jy in staat is tot alles omdat jy die Lewende
God aan jou kant het. Maak dit jou
mantra: “Ek kan!” Wanneer jy opstaan, wanneer jy in die verkeer
is, wanneer jy in ‘n ry staan en wag, wanneer jy mismoedig is, wanneer jy
twyfel… Jy kan, want God sê dat dit vir mense onmoontlik is, maar nie vir Hom
nie. Stadig maar seker gaan jou geloof
groei en jy gaan glo en besef jy kan. Mettertyd gaan jou geloof sodanig groei dat jy
dit sal omarm en die seëninge begin ervaar wat Hy vir jou in stoor het.
Van
vandag af is daar net twee woorde wat belangrik is in jou lewe: “Ek kan!”
No comments:
Post a Comment