Psalm 103:12 So ver as die
ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
Thomas Kincade vertel: Een middag terwyl ek, soos my gewoonte is as dit reën, selfs meer versigtig as normaalweg deur die strate ry omdat ons almal weet hoe glad dit kan wees na ‘n goeie reënbui, praat my dogter, Aspen, ewe skielik van waar sy rustig agter in die motor sit: “Pappa, ek dink nou net aan iets.”

Hierdie woorde is gewoonlik
‘n duidelike teken dat die ses-jarige Aspen reeds geruime tyd oor iets gedink
of gewonder het en daarom is ek nogal gretig om te hoor was sy te sê het.
“Wat het jy gedink, Aspen?”
vra ek.
“Die reën… dit is soos
sonde en die ruitveërs is God wat ons sondes uitwis.”
Ek kry eintlik
hoendervleis, maar koel en kalm vra ek haar, net om te sien hoeveel sy daaroor
gedink het: “Die reën, Aspen, sien jy hoe dit aanhoudend val en hoe die ruitveërs
dit elke keer skoonvee? Wat dink jy
beteken dit?”
Sonder om twee keer te dink
antwoord sy: “Ons hou aan sondig en God hou aan om ons te vergewe.“
No comments:
Post a Comment