Lukas 1 : 3 Nadat ek al hierdie
verhale van voor af noukeurig ondersoek het, het ek besluit om ‘n getroue
samevatting daarvan vir u neer te skryf.
Daar
is mense wat dit wat in Die Bybel opgeteken is in twyfel trek. Hulle redeneer logies en sekere dinge maak
nie sin nie. Hul kan nie glo dat Jona bv
lewend uit ‘n vis se maag gespoeg kan word nie.
Dis vir hul ondenkbaar dat ‘n maagd kan swanger raak of dat Jesus uit
die dood kon opstaan. As dit nie sin
maak, of wetenskaplik bewys kan word nie, glo hul dit nie.
Lukas
het besluit om ‘n bietjie meer navorsing te doen en eers daarna het hy sy
weergawe neergepen.
Dis
maklik om te oordeel en te vra hoe iemand nie in Die Bybel kan glo nie, maar dit
hang af wat jou verwysingsraamwerk is of in watter konteks jy na dinge
kyk. Ons is almal verskillend. Jy hoef net te kyk hoeveel verskillende
gelowe daar is, om te besef dat nie almal in Die Bybel glo nie.
Ek
glo egter soos ‘n kind. Ek hoop dat jy
jouself die luukse gun om ook so te glo en te weet dat daar net een waarheid is
en dit is die Waarheid van die Woord van God.
Skakel in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of rekenaar kan vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou o.a. "Memories are made of this", musiek wat mooi herinneringe terugbring. 19h00 Wat sê die Woord?, 19h15 Spaar of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.

No comments:
Post a Comment