Lukas 1 : 38
Maria sê toe: “Ek is tot
beskikking van die Here. Laat met my
gebeur wat U gesê het.”
Kan
jy jou in Maria se skoene indink? Dis
nie vandag waar buite-egtelike kinders nie meer ‘n kwessie is nie. Die engel Gabriël het vir Maria die boodskap
gebring dat sy, as maagd, die Seun van die Allerhoogste in die wêreld gaan
bring. Maria was verloof aan Josef, en ek
dink sy’t sekerlik gewonder of hy haar nie sal los as sy swanger raak nie, want
die eerste gedagte sou tog wees dat sy by ‘n ander man was. Maria was bietjie verward en ontnugter, want
sy’t die engel daarop gewys dat sy nie getroud is nie en nog nooit by ‘n man was nie, so hoe sal sy
swanger raak, maar die engel se verduideliking oor die Heilige Gees wat oor
haar sou kom, het haar gerusgestel.
As
jy eerlik moet wees en jy was Maria, sou jy ingewillig het, sonder die kennis
waaroor ons vandag beskik? Ek weet nie
so mooi nie, maar Maria stem in ten spyte van die gevolge… ten spyte van die
skande en skinderpraatjies wat sy geweet het voorlê… In die Blye Boodskap staan daar: “Ek is
die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê.”
Hoe gewillig is jy as Hy jou nodig het?
No comments:
Post a Comment