Numeri 6 : 24 – 26 Die Here sal
julle seen en beskerm, die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig
wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee.
Absolute
genade en bemoediging. God sal daar wees
vir elkeen van ons, maak nie saak waardeur ons gaan nie. Sy liefde oorskadu enige iets waarmee ons
worstel.
Soms
is dit waardeur ons gaan so groot dat ons nie eens probeer bid nie, want ons
voel verslae en dat daar geen uitkoms is nie. As mense kan ons maklik mismoedig
raak – die lewe is op sy beste ‘n hindernis wedren. Net soos jy die een hindernis oorkom het, lê
die volgende een voor. En dis nie asof
jy kan sê dat jy nie van hinderniswedrenne hou en liewer wil uitsit nie. Life
continues, even when we are down and out.
Dis die harde werklikheid.
So
hoe nou gemaak. Beroep jou op God se
genade. Dieselfde genade wat Hy in Moses
se tyd beloof het, is ook tot jou beskikking.
Hy sal jou gebede verhoor… Hy sal aan jou vrede gee… Hy sal jou seen…
jou beskerm… en tot jou redding verskyn.
Numeri
6 is ‘n reddingsboei wat na jou gegooi word. Ek hoop jy’t die krag om daardie
reddingsboei met albei hande aan te gryp, want Hy is jou redder.
No comments:
Post a Comment