Filippense
3 : 15 Ons almal wat geestelik volwasse
is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink
– God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
Beethoven
word gereken as een van die grootste komponiste van alle tye. Hy was ‘n absolute genie wat op die ouderdom
van 8 jaar sy eerste openbare vertoning gelewer het. Later het hy in Vienna onder die wakende oog
van Mozart gestudeer. Teen sy middel
twintigs was hy bekend vir sy onvoorspelbare, dog briljante improvisasies. In 1796 het hy stadig maar seker sy gehoor
begin verloor, maar dit het hom nie teruggehou nie. Hy’t homself verder verdiep in sy werk en
selfs nog groter en bekender komposisies voortgebring soos byvoorbeeld sy 9de
Simfonie, die 5de Klavier Concerto, die Viool Concerto, Missa Solemnis, ens,
ens, ens. Dit alles het hy vermag ten
spyte daarvan dat hy die laaste 25 jaar van sy lewe algeheel doof was.
Ek
wonder altyd hoekom ‘n verkoue een persoon vir dae in ‘n bed sal plattrek
terwyl iemand wat gestremd is, byna bomenslike hoogtes bereik. Wat maak die verskil?
Die
enigste antwoord glo ek, is gesindheid.
Gesindheid is iets wat nie van jou gesondheid of sintuie afhanklik is
nie, dit is ‘n innerlike dryfveer, daardie pitbull mentaliteit van “ek weier om
op te gee.”
No comments:
Post a Comment