Lukas 11:33 En niemand
steek ’n lamp op en sit dit in ’n verborge plek of onder die maatemmer nie,
maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
Christy Brown is ‘n Ierse skrywer,
skilder en digter wat gebore is as ernstig
serebraal gestremde. Sy ouers het
in Crumlin, Dublin, gewoon en hy was een van 22 kinders, waarvan net 13 oorleef
het.
Vir jare was hy a.g.v. sy
gestremdheid nie in staat om te beweeg of te praat nie. Dokters het hom beskou as intellektueel
gestremd, maar sy ma het aangehou om met hom te praat, sy bene en arms te oefen
en probeer om hom die bietjie wat sy geweet het, te leer. Op ‘n dag neem hy ewe skielik ‘n stuk
bordkryt waarmee sy suster besig was af deur sy voet te gebruik en
terselfdertyd maak hy daarmee ‘n merk op ‘n leiklipbord.
Teen die ouderdom van vyf
jaar, was dit slegs sy linkervoet wat hy in staat was om te beweeg. Deur sy voet te gebruik, was hy vir die eerste
keer in staat om te kommunikeer. Hy is alom
bekend vir sy outobiografie “My Left Foot”, waarvan later ‘n “Acadamy Award-winning” rolprent gemaak
is, met dieselfde naam. Bernard Share, ‘n
Ierse resensent het die boek beskryf as “the
most important Irish novel since Ulysses”.
Hy het die vermoë gehad om die Ierse kultuur en humorsin met taal en sy unieke
karakter beskrywing vas te vang.
Niks in die lewe kan jou
terughou as jy die ondersteuning, liefde en wil om sukses te behaal het nie, nie
eens ernstige serebrale gestremdheid nie.
Sommige van ons het nie eens
die ‘verskoning’ van gestremdheid nie, ons het bloot nie genoeg vertroue in die
talente waarmee God ons geseën het nie en so bly dit onder die spreekwoordelike
maatemmer.
Where there is a will,
there is a way (anonymous)
No comments:
Post a Comment