Spreuke 26 : 13 Die
luiaard se verskoning is: “Daar is 'n leeu in die pad! Daar is 'n leeu in die
straat!”
Froda Kahlo ( 6 Julie 1907 – 13 Julie 1954) was ‘n erkende Mexikaanse
kunstenaar wat treffende skilderye geskep het.
Dit het mense aangegryp omdat sy die vermoë gehad het om pyn en hartseer
in haar skilderye te laat reflekteer waarby mense aanklank kon vind. Mexiko is ‘n
kleurryke land en alhoewel sy hartseer en pyn kon weerspieël, het sy uitspattige kleur in haar skilderye gebruik om
die kultuur te verteenwoordig. Sy was
die eerste Mexikaanse kunstenaar van die 20ste eeu wie se kunswerke deur ‘n
Internasionale museum gekoop is.
Froda het polio opgedoen op die ouderdom van 6 jaar. Dit het veroorsaak dat haar regter been
dunner as haar linkerbeen was en daarom het sy altyd kleurryke rompe gedra om haar gebrek te verbloem. Daar is ook gespekuleer dat sy aan spina
bifida, ‘n oorerflike siekte, gely het wat die ontwikkeling van haar ruggraat
en bene beinvloed het.
Alhoewelsy herstel het, tot so ‘n mate dat sy weer kon loop, was sy
voortdurend in pyn en met tye kon sy glad nie loop nie. Die pyn was so erg dat sy soms in ‘n
hospitaal opgeneem is waar sy maande aan
‘n bed gekluister was.
Niks het haar egter ondergekry nie. Haar kunswerke leef voort en dit is
uiters gesog en gewild.
Môre is Vrouedag. Wat hou jou
terug in die lewe? Laat Froda Kahlo jou
inspirasie wees. Moenie toelaat dat enige
iets jou kniehalter nie. Styg uit bo jou omstandighede en gebruik veral jou talente. Ons kan so maklik tyd as verskoning gebruik,
maar ware talent kan deur niks onderdruk word nie, behalwe deur jou eie verskonings. Elke
vrou is spesiaal.
En as 'n vrou se moederskoot geseën word met 'n kind, loop haar beker oor. Veels geluk my sonskynkind met jou verjaarsdag. Jy's 'n engel uit die hemel. Mag God jou vandag en elke liewe dag vir die res van jou lewe seën.
En as 'n vrou se moederskoot geseën word met 'n kind, loop haar beker oor. Veels geluk my sonskynkind met jou verjaarsdag. Jy's 'n engel uit die hemel. Mag God jou vandag en elke liewe dag vir die res van jou lewe seën.
No comments:
Post a Comment