Efesiërs 1 : 18 – 19
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter
hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy
vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen
in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
Elkeen van ons kan getuig van God se
goedheid in ons lewens. Iewers oor die
afgelope jare, het God jou beskerm, jou verhef, jou deurgedra en vir jou deure
oopgemaak. Dit is God se guns wat op jou
gerus het. Dis egter nie tot die verlede
beperk nie. God wil daagliks vir jou
bederf en jou oorvloediglik seën. Ek glo
beslis dat die beste nog op pad is vir jou… dat dit op die punt staan om te
gebeur en dat jy dit nog vele kere in die toekoms sal ervaar. Maak gereed vir die oorvloed wat op jou gaan
neerreën.
Paulus het hierdie brief jare gelede
geskryf, maar oor die eeue heen is dit oor en oor gedemonstreer. God beskik oor geweldige mag en krag en Hy
wend dit aan om vir jou, as gelowige, ‘n heerlike erfenis te bestem.
Jy glo nie juis hierdie woorde vandag
nie. Waar jy jou tans bevind, kan jy nie
sien dat daar groot en wonderlike vooruitsigte vir jou in stoor is nie, maar dit is
juis waar ek jou daarop wil wys dat jy moet toelaat dat jou geestesoë verhelder
sodat jy kan sien dat Sy guns op jou rus.
Maak nie saak hoe stormagtig jou omstandighede op hierdie oomblik is
nie, daar is hoop en oorvloedige seën vir jou op pad.
No comments:
Post a Comment