Lukas 11 : 9
“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal
kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.
As jy soggens wakker word, sien jy voor
jou geestesoog ‘n fantastiese dag vol interessante verrassings of gaan jy die
dag met ‘n swaarmoedigheid tegemoet omdat dit vir jou uitsigloos voel?
Weet jy, dit maak nie saak of jy vannag
wakker gelê het en jou siek bekommer het oor jou werk, jou finansies, jou
verhoudings, of enige iets anders nie.
Die dag wat vanoggend gebreek het, is ‘n nuwe dag… ‘n nuwe geleentheid
om voorspoed oor jouself uit te spreek.
As jy negatief voel of is, trek jy
negatiwiteit aan, maar dieselfde geld vir positiwiteit. As daar niks is wat jou opgewonde maak nie,
vra God om jou hart en jou gedagtes te vernuwe en jou te vul met opwinding oor
die nuwe dag. Verwag groot en
onmoontlike dinge…deure wat oopgaan… mense wat jy ontmoet… geleenthede wat oor
jou pad kom… daar is altyd hoop.
No comments:
Post a Comment