Romeine 8 : 31 Wat sal ons dan
van al hierdie wonderlike dinge sê? As God
aan ons kant is, wie kan ooit teen ons wees.
So dikwels laat ons toe dat ons herkoms ons toekoms bepaal.
Indien jou ouers nie welaf was nie, of humeurig was, of met
een of ander verslawing geworstel het, leef jy dalk in voortdurende vrees dat
dieselfde lot joune kan word. Dit hoef
egter nie jou lot te wees nie. Jy kan
die een wees wat die bose kringloop breek.
As kind het jy nie veel beheer oor jou lot gehad nie en al wat jy kon
dink was dat die lewe nie regverdig is nie.
Jy mag jou dalk vir jou ouers geskaam het.
Dalk het jy gedroom van eendag… eendag wanneer jy kan
wegbreek en die verlede agterlaat.
Hoekom nou daardie verlede weer toegang gee tot jou hede? Ironies genoeg is dit onsself wat dit nie wil
begrawe nie. Deur dit terug te speel en
te onthou neem dit ons keer op keer terug.
Neem vandag ‘n daadwerklike besluit dat jy nie langer in die
verlede gaan leef nie. Dit is verby en
jy kan daar niks aan verander nie, maar jy kan jou toekoms verander. Vergewe as dit nodig is en maak vrede indien
nodig. Ek weet dit is nie maklik nie,
maar dit is nodig, want as jy nie op daardie punt kom nie, gaan die verlede
keer op keer terugkom om by jou te spook.
Wanneer jy kies dat God eerste in jou lewe kom, kan niemand
jou toekoms bederf nie. Hy is aan jou
kant!
No comments:
Post a Comment