Lukas 10 :
41 Maar die Here antwoord haar: “Marta,
Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,
Terwyl
Maria by Jesus se voete gesit het, het Marta rondgeskarrel om alles gedoen te
kry. Soos dit maar gaan as ons so baie
dinge het om te doen dat ons nie weet waar om te vat of waar om te los nie, het
sy angstig geraak.
Miskien
is jy ook besorg en bekommerd oor baie dinge en beleef jy ook ‘n
angstigheid. Dalk is daar dinge wat
swaar op jou hart lê en jou hele menswees in beslag neem. Jy sukkel dalk om te fokus en te onderskei
tussen wat belangrik is en wat kan oorstaan.
Bekommernis en angstigheid kan jou heeltemal ontspoor.
Leer
gerus by Maria. Te midde van ‘n
geskarrel rondom haar, het Maria eenvoudig by Jesus se voete gaan sit en op Hom
gefokus. Moenie toelaat dat
omstandighede jou fokus van God aflei nie.
Wanneer jy by Hom rus gevind het, sal jy weer kan fokus.
Ek hoop dat jy op Werkersdag ware rus mag ervaar.
Ek hoop dat jy op Werkersdag ware rus mag ervaar.
No comments:
Post a Comment