Lukas 1 : 37
By God is alles moontlik
Wat
veroorsaak dat jy slapelose nagte het?
Heelwaarskynlik meer as een ding as jy ‘n kommerkous is. Te veel van ons gaan haal die bobbejaan agter
die bult. Jy weet dat min van dit
waaroor jy jou bekommer ooit realiseer, maar jy kan jouself nie stop nie. Daar is altyd iets waaroor jy jouself
bekommer.
“If you want
to test your memory, try to recall what you were worrying about one year ago
today.” - E. Joseph Cossman
Dalk
is dit ‘n goeie toetsie vir jou. Meeste
van ons sal nie eens kan onthou nie.
Bekommernis verander niks aan jou situasie nie, maar dit maak jou
angstig, depressief en dit affekteer jou gesondheid. Is dit dan net dom mense wat hul oor
onbenullighede bekommer? Nee,
bekommernis is een van daardie onwillekeurige aksies vir mense wat van nature
geneig is om hul dinge aan te trek.
Die
geheim is om jouself as’t ware uit te vang wanneer jy bekommerd is en dan jou
gedagtes daadwerklik weg te dwing daarvan.
Wanneer jy jou fokus van die probleem verskuif en eerder op God fokus,
kry jy rus en vrede. Hou net aan om
jouself te herinner: Fokus op God… hoe
meer onmoontlik die situasie… hoe meer fokus jy op Hom. Maak Lukas 1 : 37 jou mantra.
Meeste
van tyd verdwyn die oorsaak van jou bekommernis. God verdwyn genadiglik nie. Hy bly deurentyd aan jou sy.
No comments:
Post a Comment