Genesis 18 :
11 Abraham en Sara was albei al baie oud, en Sara was verby die ouderdom van
kinders in die wêreld bring,
Teen
alle logika in, moet Sara by die Here hoor dat sy swanger sal word en ‘n kind,
waarna sy soveel jare uitgesien het, in die lewe sal bring. Anders as ‘n man, het ‘n vrou net ‘n sekere
tyd wat sy kinders kan baar. Sodra sy
haar menopouse bereik, is haar rakleeftyd, wat kinders baar aanbetref, verby.
Om
dus te hoor dat jy teen die volgende jaar met ‘n baba in jou arms sal staan,
sou baie van ons, soos Sara, seker laat uitbars het van die lag.
In
jou lewe is daar ook ‘n struikelblok wat volgens alle logika onoorkombaar
lyk. Dis eienaardig hoe ons daardie
logika as die enigste waarheid aanvaar.
As dit onmoontlik klink, dan is dit onmoontlik. Al wat ons buite rekening laat is God. Vir jou is jou huwelik op die rotse… jou kind
vasgevang in ‘n dwelmstrik… jou finansiële toestand ‘n ramp… jy doen nie eens
meer aansoek vir werk nie… jou liggaam afgetakel deur die siekte… die politieke en ekonomiese situasie buite
beheer… Die uitsiglose realiteit van jou situasie is al wat jy raaksien, want
logies gesproke kan niks jou situasie verander nie.
God
kom egter en Hy gee vir Abraham en Sara ‘n kindjie op ‘n ouderdom waar dit
logika by die venster uitgooi. Sulke
dinge gebeur net in die Bybelse tyd?
Nee, dit kan nou ook gebeur. God
is nie ‘n God wat Hom deur logika laat terughou nie. God breek alle reëls en bewerkstellig die
onmoontlike. Vers 14 Is iets te buitengewoon vir die Here?
Buitengewoon
is God se manier van doen. Ook in jou
lewe wil Hy iets buitengewoon doen. Glo
dit vas en wag vir die wonderwerk.
No comments:
Post a Comment