Jesaja 43:4 Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog
ag en jou liefhet
“Have you
ever noticed that Rolls Royce and Bentley don’t have commercials?
REASON: They know the value of their product brings
customers to them.
LESSON: When you know your value, you don’t have to
beg people to like you, to be your mate, to spend time with you or to love you.
Te veel individue ly aan ‘n
minderwaardigheidskompleks. Diesulkes
wonder altyd of hul goed genoeg is.
Regdeur hul lewe sal so iemand hunker na liefde en aanvaarding. Enige besluit of optrede word agterna tot
vervelens teruggespeel om seker te maak dit was in alle opsigte korrek. Al word hul tenagekom, sal hul niks doen om
hulself te verdedig nie, want hul wil niemand se toegeneendheid verloor
nie.
God het jou as individu geskape,
met alles wat jy nodig het om jou selfvertroue te gee. Jy het niemand se goedkeuring nodig nie. Niemand hoef aan jou te skaaf of jou te
verander nie. Jy sien, God doen niks halfhartig nie. Daarom hoef jy nie iets of iemand te probeer wees
wat jy nie is nie. Daar is geen rede om verskoning te vra vir wie jy is of te wonder wat ander van jou dink nie.
Net soos met Rolls Royce en
Bentley, hoef jy ook nie jouself te bemark nie. God ken jou waarde en daarom kan jy leef in
die seker wete dat jy waardevol, kosbaar
en uniek is.
No comments:
Post a Comment