Jesaja 41 : 10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie
bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek
versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
Israel was besig om deur ‘n
uiters moeilike tyd te gaan. Israel is
God se geliefde volk. Hy het hulle
gekies en daarom sal Hy hulle ook nie versaak nie.
Iemand wat mishandel word, leef
voortdurend in vrees. Stadig maar seker
word jou selfvertroue afgebreek. Jy word
van jou meswaardigheid ontneem en mettertyd glo jy selfs dat jy dit verdien. Baie mense wat mishandel word, glo selfs dat
hulle die oorsaak van die mishandeling is.
Hul wêreldjie krimp tot ‘n diep vallei van ongelukkigheid.
Daar is egter ‘n lewe buite
daardie vallei. Ons hoef nie ons
omstandighede te vrees nie. Deur dit
alles is God by jou. Hy keur nie die
mishandeling goed nie, maar Hy wil hê dat jy uitreik na Hom. Hy sal jou help, jou vashou en met sy eie
hand red. Soos Israel, het Hy jou ook gekies.
Neem die eerste tree in geloof. Jy is dit aan niemand anders as jouself
verskuldig nie. God het baie meer vir
jou in gedagte as dit waardeur jy tans gaan.
No comments:
Post a Comment