Spreuke 12:25 Bekommernis
druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.
Maurice Simpson en Reginald Gibbs het twee dinge in gemeen. Eerstens hul ongelooflike positiwiteit en
tweedens, Neuro Fibromintosis oftewel NF.
NF is ‘n vreesaanjaende siekte wat deur gene aan jou oorgedra word. Lyers van hierdie siekte, ontwikkel
nie-kwaadaardige gewasse regoor hul liggaam.
Dikwels misvorm dit die gesig.
Maurice is
‘n bestuurder by ‘n wegneemete restaurant.
Ten spyte van sy verwronge gesig, werk hy direk met die publiek. Kliënte sien nie meer sy gebrek raak nie, hul
sien hom as iemand wat net een doel voor oë het, en dit is om sy kliënte
gelukkig te hou. Sy energie is aansteeklik en lok kliënte terug vir meer en meer.
Reginald het
weer ‘n webblad begin “Just Ask”. Daar
moedig hy mense aan om vrae oor die siekte te vra, want hy glo as mense meer weet oor die siekte sal daar meer aanvaarding vir lyers wees. Hy dra ‘n t-hemp met die webadres en oral
waar hy gaan nader mense hom om hom te bedank dat hy ‘n stem vir lyers geword
het en die stigma rondom die siekte nek omgedraai het.
Maurice het
al agt operasies gehad, maar min sukses.
‘n Weldoener het annoniem 300 000 dollar geskenk vir ‘n rekonstruktiewe
gesig operasie. Na aanvanklike
komplikasies was die operasie ‘n sukses.
Op die oog af is daar min verskil, maar sy linkeroog kan weer sien en sy
oor is terug op die regte plek.
Reginald wil
nie meer operasies ondergaan nie, want hy is al te veel teleurgestel. Hy het slegs 10% sig in sy linkeroog, maar
laat hom nie terughou in die lewe nie.
Hierdie twee
mense is ‘n absolute inspirasie vir ons wat ‘normaal’ is en soms oor onbenullighede
kla. En ja, ek ken nie jou omstandighede
nie… ek ken net my eie en ek laat sak my kop in skaamte as ek besef waaroor ek
slapelose nagte het.
Gebruik jou
bekommernis as ‘n getuienis, soos hierdie twee mans.
That is very inspirational Monica. I have been feeling a little depressed lately because maybe I may not have done everything God has called me to do or maybe I had missed something because things I have been working on the best I could have not yet worked out as planned. Reading this really made me think. Thank you
ReplyDelete