Jakobus 2 : 10 – 11 As iemand die hele wet onderhou, maar in een
opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie. God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg
nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg
nie, maar wel moord, is jy tog 'n oortreder van die hele wet.
Daar is
mense wat reken die tien gebooie is nie van toepassing op vandag nie, maar volgens
Jakobus 2 is dit heel duidelik dat dit nog net so relevant is.
Ons ‘buig’
so maklik die wet, of verontskuldig onsself byvoorbeeld deur te sê: “Ek doen darem nie dit of dat nie… of dit is
net ‘n witleuentje…”
Mini-bus
taxis het ‘n hele nuwe stel verkeersreëls aan motoriste bekendgestel. Ons volg slaafs in hul voetspore, want as
hulle daarmee kan wegkom, kan ons ook.
So mislei ons onsself. Die feit
dat ander die wet oortree beteken nie dat die wet nie meer geld nie.
Wanneer ons
eendag voor die Regterstoel verskyn, gaan God nie na verskonings luister
nie. Die wet is op skrif en daar is net
tien reëls waarvolgens ons moet leef. Is
dit maklik? Nee, beslis nie. Gaan dit verskoonbaar wees? Nee!
No comments:
Post a Comment