Job 42:2 “Nou weet ek dat U tot alles in staat is
Vir matrieks lê die belangrike
rekord eksamen om die draai. Te midde
van matriekafskeidsfunksies en ander bedrywighede, moet hul nou behoorlik fokus. Nou is nie die tyd om jou oog van die bal af
te haal nie.
Ja ons weet matriek beteken nie
veel nie, maar daarsonder lyk jou toekoms selfs minder rooskleurig. Die
rekordeksamen berei jou voor op die eindeksamen. Gebruik elke moontlik tydjie om te leer. Doen hersiening. Identifiseer die dinge wat jou aandag kan
aflei en neem jouself voor om van nou totdat jy jou laaste vak skryf ekstra
hard te werk. Die punte wat jy behaal
gaan op jou matrieksertifikaat verskyn en vir die res van jou lewe sal daardie
sertifikaat voorgelê word waar jy ookal aansoek doen vir werk. Jy wil jou nie skaam vir daardie punte nie.
Pligsgetrouheid is dus die
geheim. Niks wat die moeite werd is, kom
ooit maklik nie. En as jy getrou is in
die klein dingetjies, weet jy dat God jou ook met groter dinge kan vertrou.
Jou verhouding met God en jou
vaste vertroue op Hom, is die goue draad wat jou lewensprentjie vervolmaak.
No comments:
Post a Comment