Jesaja 43:18 Maar moenie net aan die vroeëre dinge
dink en by die verlede stilstaan nie.
Kevin Paul is nog ‘n gestremde swemmer van Port
Elizabeth wat ook sy visier gestel het op ‘n medalje in London by die Olimpiese
Spele.
Kevin sê: “Maak
gebruik van dit wat God jou gegee het.
Ek is gestremd, maar ek sien dit nie as ‘n struikelblok nie, eerder as
nog ‘n gawe van God.
Kevin ly aan Poland Syndrome. Hy is gebore sonder ‘n “pectoral muscle” en sy linker arm is korter terwyl sy regterhand
kleiner is.
In 2008 is Kevin se drome bewaarheid toe hy ‘n goue
medalje in die 100 m borsslag losgeswem het by die Olimpiese spele in
Beijing. Vanjaar hoop hy om nog ‘n
medalje te verower by die Londonse spele.
Wat my verbaas is dat daar soveel mense sonder
enige gestremdheid is wat doelloos deur die lewe gaan. Hulle droom nie van groot hoogtes wat hul wil
of kan bereik nie. Hulle het nie
mikpunte nie, maar bly tevrede met hul lot.
Gestremdes het dieselfde keuses as nie-gestremdes. Ons kan besluit dat ons op ‘n hopie gaan sit
en onsself bejammer, of ons kan dit wat ons het gebruik om dit te bereik
waarvoor God ons bestem het.
Jy kan nie bly vassteek by die verlede nie. As jy nie soveel ontvang het as ander nie,
beteken dit nie dat jy niks ontvang het nie.
Indien jy tenagekom is of alles verloor het, kan jy nie toelaat dat jy
daar bly lê nie. Jy is tot soveel meer
in staat.
Aanvaar dit wat in die verlede gebeur het, en gaan
aan.
"There comes a day when you
realize turning the page is the best feeling in the world, because you realize
there's so much more to the book than the page you were stuck on..." -
Unknown
No comments:
Post a Comment