2 Korintiërs 4 : 18
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare;
want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Elke werknemer
weet daar is base, en dan is daar base. Dieselfde
geld vir maatskappye. As jy gelukkig is,
werk jy vir iemand/’n maatskappy wat omgee vir sy werknemers. So ‘n maatskappy het voordele, maak die
werknemers deel van die maatskappy, waardeer hul insette, laat hul deel in die
winste, ens. Die werknemers is gelukkig
en gemotiveerd en ek glo meer produktief.
Dan is daar
diegene wat die laaste druppel bloed uit jou sal tap. Daar word net al meer en meer van jou
verwag. Jy voel asof jou werksplek ‘n
slagveld is waarheen jy elke dag teen wil en dank moet gaan en dat jy jouself
moet verdedig/regverdig. Niks wat jy
doen sal ooit goed genoeg wees nie. Daar
sal eerder meer en meer van jou verwag word.
Jy sal nie vergoed word volgens verdienste nie en jy sal net soos ‘n
meubelstuk behandel word. As die
meubelstuk nie meer inpas by die baas/maatskappy se beeld nie, word daar
eenvoudig van jou ontslae geraak.
Sommige goed
kan jy nie verander nie. Jy kan van werk
verander, maar dit is ook nie altyd moontlik of prakties nie. Wat jy wel kan doen, is om jou oog van
hierdie sigbare dinge aft e haal en eerder op die onsigbare te fokus. Jy gaan nie eendag rekenskap gee oor hoe jy
behandel is nie, maar wel oor jou bydrae.
Volgens
statistiek bedank mense nie van ‘n werk nie, maar van ‘n baas. Die persoon wat jou so onregverdig behandel,
is in jou lewe vir ‘n rede. Hanteer
hom/haar/hulle soos wat God van jou sou verwag.
Onthou dat jy
nie vir ‘n baas werk nie, maar vir God.
Hallo,
ReplyDeleteWelke taal is dit? Zuid Afrikaans misschien?
groet