Habakuk 2 :
3 Jy moet net geduldig bly wag as dit
nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
Deel van God
se plan is om jou drome waar te maak en jou te gee die begeertes van jou
hart. Net omdat dit nog nie gebeur het
nie of omdat dit langer neem as wat jy bereid is om te wag, beteken nie dat dit
nie gaan gebeur nie.
Moenie opgee
op jou drome of mismoedig word nie.
Dieselfde God wat daardie droom in jou hart geplaas het, wil ook seker
maak dat dit vervul word. God is
getrou. Dit maak nie saak hoe lank dit
neem of hoe onmoontlik dit voorkom nie, as jy bly glo sal jou tyd aanbreek. Soveel mense gee op net voor hul drome
realiseer. As jy ophou glo, gee jy as’t
ware jou droom op.
Ek weet dit is nie maklik nie. Al probeer jy hoe hard om te glo, is daar altyd die stemmetjie wat jou anders wil oortuig, maar hou aan om jouself te hereinner dat jy net moet bly glo... ten spyte van enige teendeel wat jy sien of ervaar, bly glo. Hou jou oog
gevestig op jou droom. Verklaar in
geloof: “My tyd het aangebreek. God is in beheer en Hy is besig om in die
agtergrond te werk. My drome sal
verwesenlik word.” Terwyl jy aanhou om
jou drome te visualiseer, en woorde van lewe daaroor spreek, sal jy sien hoe
alles in plek begin val.
Geniet Erfenis / Nasionale Braaidag môre.
Geniet Erfenis / Nasionale Braaidag môre.
No comments:
Post a Comment