Psalm 89:48 Dink tog daaraan hoe kort die lewe is
At the age of
37, she realized she’d never ride through Paris in a Sportscar, with the warm
wind through her hair – Ballad of Lucy Jordan
Dis een van my
gunsteling liedjies. Ek kan ure lank
luister na Marian Faithful se stem, maar dis veral die lirieke wat my raak. Lucy Jordan verteenwoordig elkeen van ons wat
ons drome opgeoffer het, om welke rede ookal.
Ek weet nie waaroor jy droom of wat jou daarvan weerhou om jou drome te
realiseer nie, maar ek is saam met jou hartseer daaroor.
Ons lewe net
een keer, so as ons nie daardie een kans gebruik nie... Om jouself altyd tweede te stel is
prysenswaardig, maar jy skuld jouself die geleentheid om ook jou drome na te
jaag.
Miskien wou jy
nog altyd verder studeer… dalk het jy oor ‘n spesifieke beroep gedroom, maar
nie die finansies gehad om te studeer nie… jy’t dalk swanger geraak en jou lewe
het eenvoudig ‘n ander pad geneem… jy droom dalk al jare daarvan om te
reis… wat ookal jou drome, moenie eendag
met berou terugdink oor dit wat kon gewees het nie. Dit is nooit te laat om jou drome na te jaag
nie.
Gaan sit en
dink wat dit is wat jou daarvan weerhou en dan begin jy oorweeg hoe jy dit kan realiseer.
Niks is onmoontlik as jy daarop fokus nie.
Niks is onmoontlik as jy daarop fokus nie.
No comments:
Post a Comment