Habakuk 1 :
17 Gaan U toelaat dat hulle altyd
hiermee wegkom? Gaan hulle vir altyd
suksesvol wees met hulle gevoellose oorwinnings?
Elke dag word
ons verstom deur dit waarmee mense wegkom.
Onskuldige mense word vermoor… korrupsie seëvier… verkeersoortredings
vind oop en bloot plaas… Diegene wat nog
probeer om reg te lewe kan nie anders as om te wonder hoekom hulle so dom is
nie. As ander daarmee kan wegkom, hoekom
kan ek nie ook nie.
Die feit dat
die onderskeid tussen reg en verkeerd al meer grys raak, beteken nie dat daar
nie meer onderskeid is nie. Dit is wel
nodig om sterk te staan en nie aan versoeking toe te gee nie. Wanneer ‘n volk se waardestelsel afgetakel
word, moet die rooi ligte flikker.
Vir ons mag
dit voorkom asof al meer mense met ‘moord’ wegkom, maar ons weet dat God nie
slaap nie. Die reëls het nie verander
nie. Een of ander tyd gaan God rekenskap
eis. Al is dit hoe moeilik om volgens
Christelike waardes te leef, volhard en leef met integriteit.
No comments:
Post a Comment